Shangula stel hersiene gesondheidsplan bekend
Die gesondheid-ministerie het die Nasionale Chirurgiese Verloskunde- en Narkose-plan amptelik in Windhoek bekendgestel. Die ministerie het ook die aksieplan vir infeksievoorkoming en -beheer en die hersiene riglyne vir die Operasieteater en Sentrale Steriele Dienste-departemente onthul. Gesondheid-minister Kalumbi Shangula sê die plan is ontwerp om uitdagings en tekortkominge aan te spreek in die lewering van veilige sjirurgiese, verloskundige en narkose dienste. Hy voeg by daar is nog werk wat voorlê, aangesien bevolkingsgroei, verspreide landelike bevolkings en ander openbare gesondheidsprioriteite druk plaas op die vermoë om hoë-gehalte dienste te lewer.
Leave a Reply