Shapwa se saak oor medikasie tot môre uitgestel
Die dringende aansoek wat Shapwa Kanyama teen die Sentrale Verkrygingsraad gebring het is uitgestel tot môre. Kanyama het bekendheid gewerf met die omstrede kondoomtender verlede jaar waar Kosmos 94.1 Nuus ook bewys het hy vervaardig nie maar voer kondome in. In die saak poog hy om te keer dat ‘n tender vir anti-retrovirale medikasie toegewys word en hy vra ‘n interdik. Die saak is uitgestel omdat verskeie respondente, vyf van hulle, bygevoeg moet word by die reeds 13.
Leave a Reply