Shiimi kondig middeltermyn begroting vandag aan
Die hersiening van die middeltermyn begroting, wat handel oor ‘n drie-jaar allokering van befondsing aan verskeie sektore, word vandag deur finansminister Ipumbu Shiimi in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê. Hy het verlede week sy werk daaraan in samewerking met die Nasionale Beplanningskommissie voltooi. Kosmos 94.1 Nuus het met Omu Kakujaha-Matundu, van die departement ekonomie by die Universiteit van Namibië, gepraat. Hy verduidelik die belangrikheid van die middeltermyn begroting.
Leave a Reply