SIM-kaarte moet voor 31 Desember geregistreer wees

Home Uncategorized SIM-kaarte moet voor 31 Desember geregistreer wees
SIM-kaarte moet voor 31 Desember geregistreer wees



SIM-kaarte moet voor 31 Desember geregistreer wees

Die inligtingsministerie het sy kommer uitgespreek oor die lae koers van SIM-kaartregistrasie. Die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië het onlangs bevestig net 29 persent van SIM-kaarte is geregistreer met die sperdatum wat op 31 Desember vanjaar val. Die uitvoerende direkteur van die ministerie, Audrin Mathe sê die proses sal ‘n deurslaggewende rol speel om bedrog, identiteitsdiefstal en ander kriminele aktiwiteite hok te slaan. Verpligte registrasie en identifikasie van SIM-kaartgebruikers strook met internasionale beste praktyke. Hy sê daar sal geen uitstel van die sperdatum wees nie. Hy voeg verder by dat wat biometriesedata betref, herhaal die ministerie dat die riglyn, waarin die verskaffing van biometriesedata slegs vrywillig moet wees, van krag bly. 



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.