Simonis Storm sê nog een repokoers verhoging … in SA
Die makelaarsfirma Simonis Storm het ‘n ontleding gedoen van die inflasie-syfers wat die week deur die Namibiese Statistieke-agentskap bekend gemaak is. Inflasie vir Julie het op 4,5 persent ingekom en die firma sê terwyl inflasie daal, bly lewenskostes uiters hoog. Dit beteken dat kostes steeds styg, maar dat dit stadiger toeneem as vroeër. Simonis Storm sê hy bly by sy voorspelling van ‘n gemiddelde inflasie van 5,9 persent vir vanjaar en 5,1 persent vir volgende jaar. Terwyl produksiekostes afgeneem het en inflasie effe laer is in Suid-Afrika, meen Simonis Storm dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank die repokoers nog een keer vanjaar met 25 basispunte, na 8,5 sal opstoot. Die Bank van Namibië maak die week Woensdag sy jongste repokoers bekend. Op die oomblik staan dit op 7,75 persent.
Leave a Reply