Skaapsektor toon reuse-groei in tweede kwartaal
Die bemarking van skaap het baie goed vertoon in die tweede kwartaal van die jaar. Volgens die Namibiese Vleisraad, is ‘n totaal van 276 325 diere in die tydperk bemark vergeleke met 234 354 in 2022. Die verbeterde prestasie in skaapbemarking is aangedryf deur ‘n volgehoue groei in op-die-hoef-uitvoere van skape tesame met verhoogde verslagting by uitvoergoedgekeurde abattoirs. Die sektor het ‘n opeenvolgende groeikoers van amper 18 persent aangeteken, terwyl deurset by uitvoergoedgekeurde abattoirs met ‘n reuse 141,4 persent toegeneem het in vergelyking met die matige bemarkingsvlakke wat in 2022 aangeteken is. Die raad sê die merkwaardige groei is weerspieël in skaapvleisuitvoere wat byna met dieselfde marge gegroei het. Skaapvleisuitvoere het teen die einde van die kwartaal op 379 ton gestaan, relatief tot 179 ton wat gedurende dieselfde tydperk in 2022 uitgevoer is. Hartlief het die Farmers Meat Market-aanleg in die Suide weer op die been gebring en baie hoë pryse betaal aan produsente vir sy uitvoerkwota na Noorweë.
Leave a Reply