‘Skaf 95% van staatsbeheerde instellings af’

Home Uncategorized ‘Skaf 95% van staatsbeheerde instellings af’
‘Skaf 95% van staatsbeheerde instellings af’


‘Skaf 95% van staatsbeheerde instellings af’

Vyf-en-neëntig persent van staatsbeheerde instellings moet afgeskaf word en die geld wat op hulle spandeer word moet eerder aangewend word om die land te industrialiseer. Dit is volgens Harald Kambrude, raadslid vir Rehoboth, wat sê sedert 2020 is meer as 3 miljard Namibiese dollar in openbare ondernemings gepomp terwyl slegs 672 miljoen dollar aan die handel en industrialisasie-ministerie toegeken is. Hy het by ‘n raadplegende vergadering oor ‘n konsepbeleid vir eienaarskap van openbare ondernemings in die Hardap- en Karas-streke bygevoeg hierdie instellings betaal nie belasting nie, terwyl sommige ondersoek word vir onreëlmatighede.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.