Skamele N$2 200 vir Job se rooilynsaak ingesamel
Die saak waar Job Amupanda poog om die rooilyn te verwyder is steeds in die nuus. Plaaslike media berig dat ten spyte van wydverspreide ondersteuning vir sy poging, hy nie veel finansiële bystand ontvang nie. Sy prokureur Kadhila Amoomo het ‘n beroep op lede van die publiek gedoen om ‘n bydrae te lewer om die regskostes, wat op amper 7 miljoen Namibiese dollar beraam word, te help dek. Tot op hede is net 2 200 Namibiese dollar ingesamel. Op 17 Mei 2021 het owerhede by Oshivelo vleis wat Amupanda op Omuthiya gekoop het, ingevolge die wet, gekonfiskeer. Tien dae later het hy die aansoek teen die regering en verskeie ander respondente in die hof gebring. Hy sê die rooilyn is diskriminerend.
Leave a Reply