Skeidsregter sit in hysbak vas, vertraag toets
Krieket: Spel is tydens die tweede Australië-Pakistan-toets in Melbourne onverwags vertraag omdat die derde skeidsregter, Richard Illingworth, in ‘n hysbak vasgesit het. Spelers het ná die middagete-pouse na die veld teruggekeer, maar die twee veld-skeidsregters wou nie toelaat dat spel hervat word nie omdat Illingworth nog nie sy posisie as derde skeidsregter kon inneem nie. Die Australiese kolwers David Warner en Steven Smith moes toe maar wag. Krieket Australië en die MCG het albei tong-in-die-kies-reaksies gelewer op die frats-vertraging van sewe minute.
Leave a Reply