Uutoni: Skelm kontrakteurs gaan op swartlys geplaas word
Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, sê kontrakteurs wat behuisings-projekte vertraag, moet op die swartlys geplaas word omdat hulle nie hul verpligtinge met die regering nakom nie. Ten spyte van betaling van die regering, is 319 huise onder die massabehuisings-program by Matutura by Swakopmund nie voltooi nie weens betalings-geskille tussen die hoof-kontrakteur en subkontrakteurs. Uutoni sê daar is ’n paar kontrakteurs landwyd wat aanhou misluk en dit lei tot verhoogde koste en ongeregverdigde blaam teenoor die regering wanneer ‘n projek onvoltooid is. Verlede jaar het die Erongo-goewerneur, Neville Andre, soortgelyke opmerkings teen beweerde oneerlike kontrakteurs gemaak en gepleit dat hulle op die swartlys geplaas moet word.
Leave a Reply