Skietvoorval ruk Auckland voor Wêreldbeker-vrouetoernooi – Kosmos 94.1

Home Uncategorized Skietvoorval ruk Auckland voor Wêreldbeker-vrouetoernooi – Kosmos 94.1
Skietvoorval ruk Auckland voor Wêreldbeker-vrouetoernooi – Kosmos 94.1



Skietvoorval ruk Auckland voor Wêreldbeker-vrouetoernooi

Drie mense, insluitend die aanvaller, is dood in ‘n skietvoorval in die middestad van Auckland, Nieu-Seeland, en ses mense waaronder polisiebeamptes, is beseer. Die voorval het plaasgevind in aanloop tot die Sokker-wêreldbeker vir vroue wat vandag in die land begin. Volgens die polisie het ‘n man wat met ‘n haelgeweer gewapen was, by ‘n gebou in Auckland ingegaan en begin skiet. Hy is tydens ‘n skermutseling met die polisie doodgeskiet. Die eerste minister Chris Hipkins sê die aanval word nie as terrorisme beskou nie.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.