SME-sektor sê uitgebreide kraamverlof is nie ‘n kwessie nie
Die SME-sektor het oor gereageer op berigte dat die minister van binnelandse sake Albert Kawana, wat sy bedenkinge uitgespreek het oor die moontlikheid om vaderskapverlof in te stel. Hy het spesifiek kommer uitgespreek oor jong mans wat moontlik verskeie vroue kan swanger maak en daarna langdurige verlof neem. Die minister sê hy is bereid om dit te oorweeg in uitsonderlike omstandighede, soos wanneer die kind se ma ongeskik is of sterf. Maar hy sê kleinsake wat die mans in diens het sal verliese loop wat uiteindelik tot afleggings kan lei. Danny Meyer van SMEs Compete het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en hy meen die minister is kortsigtig.
Leave a Reply