SME’s Compete steun handelsmissie na Zambië
Die Namibiese Kamer van Koophandel en Nywerheid in samewerking met die Walvisbaai Korridor-groep en die Zambiese Kamer van Koophandel en Nywerheid nooi sake-gemeenskappe uit om deel te neem aan die Namibiese handels-missie na Zambië. Dit is in die Zambiese hoofstad Lusaka vir 3 tot 9 Augustus herskeduleer. Veral besighede en entrepreneurs wat produkte van verskeie sektore het om na Zambië uit te voer, word aangemoedig om deel te neem. Danny Meyer, direkteur van SMEs Compete het met Kosmos 94. Nuus gesels oor wat hierdie geleentheid vir die klein en medium ondernemings kan beteken.
Leave a Reply