Smokkel van dwelms wek kommer
McHenry Venaani, leier van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement, het sy kommer in die parlement uitgespreek oor georganiseerde misdaad, veral die smokkel van onwettige dwelms, wat in Namibië aan die toeneem is. Hy sê dié misdadigers werk hand aan hand met korrupte staatsbeamptes deur wettige besighede by hawedorpe soos Walvisbaai op te rig en dan dié besighede te gebruik om dwelms die land in te bring. Hy het ook aangedui dat sommige van hierdie dwelms die land binnekom weens ‘n gebrek aan behoorlike grensbeheer.
Leave a Reply