Sosiale media boodskappe oor motorkapings is snert
Boodskappe wat op sosiale media die rondes doen oor sewe verskillende voertuie wat glo gekaap is by die Frankie Fredericks-rylaan en Sean McBride kruising-verkeersligte in Windhoek, asook nog twee motorkapings op die hoek van Frankie Fredericks-rylaan en Chasiestraat, is bog. Die polisie sê in ‘n verklaring dat slegs twee motorkapings hierdie maand by hulle aangemeld is, en nie een van die twee was naby daardie omgewing nie. Hoofinspekteur P.K. Shikwambi vra dat mense nie goedsmoeds boodskappe op sosiale media moet deel nie, want dit veroorsaak paniek. Die publiek moet eers die feite verifieer voordat hulle sulke boodskappe versprei.
Leave a Reply