Spaanse polisie kry 13kg kokaïen
Die Spaanse polisie het beslag gelê op 13-ton kokaïen, die land se grootste vonds nog, en een persoon gearresteer. Die polisie en doeanebeamptes het die kokaïen in die suidelike hawe van Algeciras onderskep op ‘n houerskip wat van Ecuador af aangekom het. Die skip was gelaai met kratte piesangs bo-op bokse met die versteekte kokaïen. Spanje is ‘n belangrike toegangspoort vir dwelms na Europa vanweë sy noue bande met voormalige kolonies in Latyns-Amerika en sy nabyheid aan Marokko, ‘n top daggaprodusent.