Spaar water, Windhoek!
Die teiken vir waterverbruik in Windhoek is tussen 31 Oktober en 6 November weer oorskry, met 27 persent op net meer as 536 000 kubieke meter, teenoor die amper 423 000 kubieke meter wat geteiken word. Die Von Bachdam is tans op net 17,9 persent en saam met Swakoppoort voorsien die twee damme die sentrale gebied, nie net die hoofstad nie. Omatako is reeds ‘n geruime tyd dolleeg. Windhoek se burgemeester, Joseph Uapingene, het tydens die stad se raadsvergadering inwoners gevra om water spaarsamig te gebruik.
Leave a Reply