Springbok se dogters in toernooi-tennis

Home Uncategorized Springbok se dogters in toernooi-tennis
Springbok se dogters in toernooi-tennis


Springbok se dogters in toernooi-tennis

Tennis: Die Kruger-susters sal Suid-Afrika vandag in die dubbelspel-eindstryd van die WIPHOLD-internasionale toernooi in Pretoria verteenwoordig. Die dogters van die 1995 Wêreldbeker-wenner Springbok Ruben Kruger, Isabella en Zoe, het vroeër die week hul eersteronde-wedstryd gewen en na die titelwedstryd deurgedring toe hul teenstanders hulle aan die kwarteind- sowel as die halfeindronde onttrek het. Hulle sal teen die Russe Alina Charaeva en Ekaterina Reyngold te staan kom. In die enkelspel sal die topgekeurde Laura Pigossi van Brasilië en Hanne Vandewinkel van België sake uitspook om die titel.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.