Springbok-vroue takel Kenia vanmiddag
Die Springbok-vrouespan pak Kenia vanmiddag by die Universiteit van die Wes-Kaap. Die Bokke het die afgelope paar weke hard gewerk om voor te berei vir volgende maand se wêreldwye Vroue-Vyftien-toernooi, die WXV 2. Die hulpafrigter, Laurian Johannes-Haupt, sê hoewel Suid-Afrika Kenia met 48-nul in Mei by die Afrika-vroue-rugbybekertoernooi geklop het, gaan hulle niks as vanselfsprekend aanvaar nie. Die wedstryd skop half-vyf af.
Leave a Reply