Rugby: Springbokke oorrompel Wallabies
Rugby: Die Springbokke het die Wallabies op Loftus Versfeld in Pretoria oorrompel in hul eerste wedstryd in vanjaar se Rugbykampioenskap met ‘n oorwinning van 43-12. Suid-Afrika het met dié oorwinning ook die Mandela-trofee verower waarom die twee spanne jaarliks in die 46665-wedstryd in die toernooi meeding. Die linkervleuel, Kurt-Lee Arendse, het drie drieë gedruk en is as speler van die wedstryd aangewys. In Buenos-Aires het Argentinië die onderspit gedelf teen Nieu-Zeeland toe die All-Blacks hulle met 41-12 afgeransel het. Die Springbokke se volgende toets in die reeks is volgende Saterdagoggend in Nieu-Zeeland teen die All-Blacks.
Leave a Reply