Springbokke vier Afcon saam met Bafana
Sokker: Jacques Nienaber en die Springbokke het Bafana Bafana geprys nadat die nasionale span ‘n plek in die kwarteindronde van die Afrikabeker-toernooi beklink het. Suid-Afrika het tot die laaste agt gevorder ná ‘n sege van 2-0 teen Marokko in die ronde van 16. Hulle pak Kaap Verde Saterdag. Die voormalige Bok-afrigter Nienaber, wat nou by die Ierse reus Leinster is, het Bafana toegejuig, terwyl mede-wêreldkampioene, Trevor Nyakane en Ox Nché, ook hul gelukwense op sosiale media gedeel het.
Leave a Reply