Sprinkane dalk gou op die spyskaart
Navorsers van die Universiteit Stellenbosch, die Universiteit van Limpopo en die Universiteit van Straatsburg in Frankryk, werk saam met landelike gemeenskappe in Limpopo om ondersoek in te stel na eetbare sprinkane. ‘n Onlangse studie wat in die internasionale joernaal, Biodiversity and Conservation, gepubliseer is het ‘n verskeidenheid van 36 spesies onthul. Die studie werp lig op die moontlike kommersiële gebruik van die sprinkane, wat ‘n deurslaggewende rol kan speel in die bekamping van voedselonsekerheid en die behoud van tradisionele voedselkulture.
Leave a Reply