Staatsamptenare probeer registreer vir toelaag
Die New Era-dagblad berig dat afgetrede staatsamptenare deel gevorm het die van honderde wat op Ongwediva probeer het om te registreer vir die voorwaardelike basiese inkomste-toelaag. Daar was blykbaar ook staatsamptenare wat gepoog het om te registreer vir die maandelikse betaling van 600 Nambiese dollar vir armoede verligting. Begunstigdes van die toelaag mag geen ander regeringstoelaag ontvang nie en moet ‘n inkomste minder as 1 600 dollar maandeliks hê. Staatsamptenare ontvang reeds die staatspensioen en het Psemas mediese dekking. Die registrasie, wat in stedelike gebiede plaasvind, loop tot 21 Desember.