Stad Johannesburg sê ontploffing was weens gas
Die Stad Johannesburg se bestuurder, Floyd Brink, sê Woensdag se ondergrondse ontploffing in Breëstraat is beslis deur gas veroorsaak. Hulle moet nog die pyplyn opspoor wat die ontploffing veroorsaak het. Noodbestuurspanne van Johannesburg het ‘n ondersoek tussen Lillian Ngoyi- en Lovedaystraat voltooi. Brink sê daar is bevind die tonnel is verwring en onstabiel en kan enige oomblik ineenstort.
Leave a Reply