Stad Kaapstad fokus op stormwaterstelsel
Die Stad Kaapstad se waterbesoedeling-beheerspan slaan tans toe op onwettige verbindings en storting in die stormwaterstelsel. Tussen Maart verlede jaar en Februarie vanjaar is 12 580 inspeksies op eiendomme uitgevoer. 159 oortredingskennisgewings is uitgereik en 40 onwettige verbindings is afgesny. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê die hoofbron van besoedeling in stormwaterkanale is die regstreekse storting uit toilette en onwettige storting van vaste afval.
Leave a Reply