GOOD Party: Stad Kaapstad is oneerlik oor kragtariewe
Die GOOD Party sê die Stad Kaapstad is oneerlik oor die proses waarvolgens hy by ‘n tariefverhoging van 17,6 persent uitgekom het. Dié verhoging in die elektrisiteitstarief is hoër as die Nasionale Energie-reguleerder, Nersa, se 15,1 persent. Anton Louw van die GOOD Party sê hulle neem kennis van die burgemeesters-komiteelid vir energie, Beverley van Reenen, se opmerking dat die stad ‘n verlies van 500 miljoen Suid-Afrikaanse rand sal ly as hulle Nersa se voorgestelde verhoging van 15,1 persent instel.
Leave a Reply