Stad Tshwane tree streng op teen onwettige stakers
Die Stad Tshwane pas die geen-werk, geen-betaling-beginsel toe op sy werkers wat deelneem aan ‘n onwettige staking oor salarisse. Die burgemeester, Cilliers Brink, sê wetstoepassers ondersoek misdadigheid wat dienslewering en skade aan openbare eiendom regstreeks raak. Hy sê 14 werknemers sal in die hof verskyn nadat hulle in hegtenis geneem is. Vier werknemers wat aan die staking in Centurion deelgeneem het, het reeds in die landdroshof in Pretoria verskyn.
Leave a Reply