Stad Whk kanselleer plan vir diens van erwe, daar’s dalk korrupsie
Stad Windhoek het ‘n vennootskap met Champac Investments en Ariya Bridge Trust Fund, om 88 huishoudelik erwe en 12 algemene erwe vir deeltitel-eenhede in die tweede fase van uitbreiding 1 in Kleine Kuppe te diens en te voorsien, gekanselleer. Die projek is reeds in 2019 van stapel gestuur en die erwe sou gediens word en in 2020 aan die stad voorsien word, maar, nie-nakoming van verpligtinge en meer, het die projek vertraag. Ariya eis nou onmiddellike betaling van sy lening van 10 miljoen Namibiese dollar vir die projek en Stad Windhoek het destyds onderneem om die lening te dek vir Champac. Maar, in die dokumente is daar blykbaar vervalste fakture en talle ander ongerymdhede gevind en dus, sal die stad se bestuurskomitee nou ondersoek instel.
Leave a Reply