Stad Windhoek oorskrei weer waterbesparing-teiken

Home Uncategorized Stad Windhoek oorskrei weer waterbesparing-teiken
Stad Windhoek oorskrei weer waterbesparing-teiken


Stad Windhoek oorskrei weer waterbesparing-teiken

Die Stad Windhoek het op sosiale media aangekondig dat inwoners weer nie die waterbesparings-teikens bereik het nie en dit met 28 persent oorskrei het. Kosmos 94.1 Nuus het met Stad Windhoek se woordvoerder, Lydia Amutenya, gepraat wat sê sedert Junie 2023 het Windhoek nie die waterbesparings-teikens behaal nie. Die situasie begin lyk al hoe meer droewig veral met die damvlakke wat baie laag is. Amutenya het ook aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat Von Bach dam nog water het, maar dit is nie genoeg nie.

Die Stad het ook nog nie ‘n behoorlike veldtog van stapel gestuur nie en beplan om eers volgende week op Wêreld Waterdag iets daadwerkliks te doen. 



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.