Statistieke-agentskap skop vas teen Epra

Home Uncategorized Statistieke-agentskap skop vas teen Epra
Statistieke-agentskap skop vas teen Epra

Statistieke-agentskap skop vas teen Epra

Die Ekonomiese Beleidsnavorsing Vereniging, Epra, het in ‘n brief aan onder andere statistikus-generaal Alex Shimuafeni geëis dat die werkloosheidstatistieke binne 10 dae vrygestel word. Volgens die vereniging maak die Namibiese Statistieke-agentskap hom skuldig aan oortredings van verskeie bepalings deur die statistieke terug te hou. Hy het gesê indien die statistieke nie vrygestel word nie, hy hom na die hoërhof sal wend om die agentskap te dwing. In ‘n brief wat vanoggend aan die vereniging gestuur is, sê die Statistieke-agentskap hy herhaal, soos voorheen gekommunikeer, dat die Arbeidsmag-tematiese verslag op 29 Januarie 2025 vrygestel sal word. Die agentskap het ook die vereniging verwys na afdeling 7(5) van die Statistieke-wet nr. 9 van 2011. Die afdeling lui dat ‘n persoon nie met die Statistikus-Generaal mag inmeng in verband met onder andere die vorm, omvang en tydsberekening van die vrystelling van amptelike of ander statistieke nie.

source