Steeds geen invloei in damme

Home Uncategorized Steeds geen invloei in damme
Steeds geen invloei in damme


Steeds geen invloei in damme

Daar is geen goeie nuus in die weeklikse dam-verslag nie. Die sentrale damme, wat onder meer Windhoek woorsien, is tans net 23,2 persent vol. Die Swakoppoortdam het net 39,8 persent water, en die Von Bach is 11,1 persent vol. Die Omatakodam het ‘n skrale 1 persent water. By Hardap lyk dinge sleg en die dam is net 12,8 persent vol, nadat meer as 2,2 miljoen kubieke meter die afgelope week vir die groenskema gebruik is. In die Suide het die Nautedam 40,5 persent water en die Oanobdam by Rehoboth 43,1 persent. In die Ooste staan die totale watervlakke op 3,9 persent. Die Otjiverodam is 4,8 persent vol, en die twee Viljoendamme het onderskeidelik 6,7 en 5,7 persent water. In die Noorde is die Olushandadam 38,1 persent vol.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.