DA: Stem vir verandering
Die DA-leier, John Steenhuisen, sê Suid-Afrikaners het niks om te verloor deur vir verandering te stem in volgende jaar se algemene verkiesing nie. Steenhuisen het kiesers in Jabulani, Soweto, versoek om politieke partye noukeurig te ondersoek op grond van hul prestasi-erekord met die lewering van noodsaaklike dienste. Dit sluit in ‘n groeiende ekonomie, toeganklike gesondheidsorg, ‘n sterk onderwysstelsel en werksgeleenthede. Steenhuisen beklemtoon dis belangrik om partye aanspreeklik te hou vir hul beloftes en die beoordeling van hul vermoë om op hierdie belangrike gebiede te presteer.
Leave a Reply