Sterftes weens plofstof styg met 122% in 2023

Home Uncategorized Sterftes weens plofstof styg met 122% in 2023
Sterftes weens plofstof styg met 122% in 2023


Sterftes weens plofstof styg met 122% in 2023

Die Britse liefdadigheidsorganisasie, Action on Armed Violence, het verlede jaar ʼn toename van 122 persent getoon in burgerlikes wat weens plofstowwe dood is. Minstens 7 307 plofstof-voorvalle het wêreldwyd voorgekom teenoor die 4 322 voorvalle die vorige jaar. Die aanvalle het minstens 15 305 burgerlikes se dood veroorsaak. Die organisasie se navorsing toon die gebruik van wapens wat in die lug afgevuur word, het verlede jaar wêreldwyd met 226 persent gestyg van 519 voorvalle in 2022 tot 1 694 verlede jaar. Konflik in Gaza, Oekraïne, Sudan, Mianmar en Somalië is uitgelig. 



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.