Storms, erge rukwinde brei uit na Oos-Kaap
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n vlak ses-waarskuwing uitgereik vir die Oos-Kaap, insluitend Nelson Mandelabaai, waarin inwoners gewaarsku word oor die moontlikheid van erge storms. Volgens die weerdiens moet inwoners hulself gereed maak vir swaar reënval vandag, sowel as moontlike skadelike rukwinde van tot 80 kilometer per uur. Die LUR vir samewerkende regering, Zolile Williams, het aan Newzroom Afrika gesê die rampbestuurspan is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag en staan mense by wat geraak is.
Leave a Reply