Streeksraad sê Xinfeng-werkers lewe in haglike toestande – Kosmos 94.1

Home Uncategorized Streeksraad sê Xinfeng-werkers lewe in haglike toestande – Kosmos 94.1
Streeksraad sê Xinfeng-werkers lewe in haglike toestande – Kosmos 94.1



Streeksraad sê Xinfeng-werkers lewe in haglike toestande

Die omstrede Xinfeng-myn by Uis is weer in die nuus. Plaaslike media berig dat die Erongo-streeksraad ontevrede is met die werkstoestande sowel as behuising van werkers op die myn. ‘n Besoek is deur streeksraadslid Benita Imbamba, by die myn afgelê en ten spyte van beloftes deur die bestuur van die myn in Mei vanjaar dat toestande sal verbeter, is niks gedoen nie. Die Mynwerkers Unie van Namibië was ook op die besoek en sê die toestande waaronder werkers moet woon is onaanvaarbaar. Hulle bly in sinkhuise met badkamers en toilette wat geen privaatheid het nie. Die werkers moet ook in die sinkhuise hul kos voorberei. Daar word berig dat die Chinese bestuurspan in vooraf-vervaardigde huise woon. 



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.