Stryd teen onwettige natuurlewe-handel in Botswana kry hupstoot
Die College of Natural Resources and Environment aan die Virginia Tech in Amerika het 49-miljoen Namibiese dollar van dié land se buitelandse sake-departement se afdeling van Internasionale Narkotika en Wetstoepassing verkry om die onwettige handel in natuurlewe in Botswana te bekamp. Dit sal die vestiging van ‘n laboratorium met gevorderde tegnologie in Kasane moontlik maak vir forensiese wetenskap vir natuurlewe. Die laboratorium sal DNS-bewyse verwerk om die ondersoek en vervolging van onwettige handel in natuurlewe te bespoedig. Dit sal ook Botswana se Elite-span versterk wat misdaad rakende natuurlewe bekamp.
Leave a Reply