Studente-unie sê Mnyupe-beurse diskrimineer
Die groen-waterstofkommissaris James Mnyupe wou nie kommentaar lewer oor kritiek deur die Studente-unie van Namibië wat sê beurse wat aangebied word vir studente in sogenaamde groen- en verwante-industrieë, diskrimineer. Dit volg op die advertensie wat verklaar dat dit volle klasgeld by Nust en Unam sal dek vir twee studente wat hul eerste graad of diploma wil volg. Volgens Vernet Mukoya, nasionale voorsitter van unie, beperk dit studente na twee instellings. In sy mening moes dit ruimte gegee vir ander instellings insluitend tegniese onderwys en ambagsopleiding wat ‘n groot rol in die industrieë kan speel.
Leave a Reply