Suid-Korea respekteer Japan se besluit oor Fukushima-water – Kosmos 94.1

Home Uncategorized Suid-Korea respekteer Japan se besluit oor Fukushima-water – Kosmos 94.1
Suid-Korea respekteer Japan se besluit oor Fukushima-water – Kosmos 94.1



Suid-Korea respekteer Japan se besluit oor Fukushima-water

Die Suid-Koreaanse regering sê Japan se voorstel om besmette water van die verwoeste Fukushima-aanleg in die see vry te laat, voldoen aan internasionale standaarde. Amptenare sê hulle respekteer die bevindings van die Internasionale Atoomenergie-agentskap dat die radio-aktiewe water ‘n geringe impak op die omgewing sal hê. Japan beplan om meer as miljoen ton behandelde radio-aktiewe water vry te stel wat by die kern-aanleg noord van Tokio, gestoor word. Die water is gebruik om die reaktors af te koel wat in 2011 deur ‘n tsunami verwoes is.  



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.