Swaarder strawwe teen boelies in skole verwelkom
Die Sentrum vir Kinderreg het die Suid-Afrikaanse departement van basiese onderwys se voorgestelde teen-boelie-konsepwetgewing verwelkom vir swaarder strawwe teen boelies in skole. Kragtens die konsep-regulasies sal ‘n leerder wat afgeknou word, aansoek kan doen om ‘n beskermingsbevel teen die boelie, sonder sy of haar ouers se toestemming. Stanley Malematla van die sentrum sê daar is kommer oor die toename in afknouery in Suid-Afrikaanse skole. Hy het sê bewusmakingsveldtogte is van kardinale belang om boelie-verwante voorvalle, insluitend leerder-selfmoord, te bekamp.
Leave a Reply