Swak rand, lae vervaardiging stoot handelstekort op – Kosmos 94.1

Home Uncategorized Swak rand, lae vervaardiging stoot handelstekort op – Kosmos 94.1
Swak rand, lae vervaardiging stoot handelstekort op – Kosmos 94.1



Swak rand, lae vervaardiging stoot handelstekort op

Die Namibiese Statistieke-agentskap se handelsyfers vir Julie toon die tekort het gegroei tot 3,7 miljard Namibiese dollar, die hoogste sedert Julie 2019. Volgens ‘n ontleding deur Simonis Storm, het die swakker Suid Afrikaanse rand ‘n beduidende rol hierin gespeek. Die rand het met 8,1 persent sedert Julie verlede jaar verswak en vanaf Januarie tot einde Julie vanjaar, met 5,1 persent. Namibië is ‘n netto invoerder omdat daar plaaslik so min vervaardig word en dus is verbruikers blootgestel aan invoer-inflasie. Verskeping is ook duurder met ‘n maandelikse styging van 3,3 persent wat in Julie aangeteken is.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.