Swakop-inwoners het kommer oor toenemende plakkershutte
Plaaslike media berig dat die inwoners van Ocean View en Myl 4 in Swakopmund hul kommer uitgespreek het oor die vinnige uitbreiding van informele huise in die DRK-informele nedersetting. Oor die afgelope jare het die dorp se bevolking skerp gegroei en dit het gelei tot ‘n toename in die aantal plakkershutte binne informele nedersettings. Daar is meer as 20 000 inwoners in die nedersetting, waarvan die meeste werkloos is. Dina Namubes, die dorp se burgemeester en inwoners gevra om geduldig te wees omdat die munisipaliteit uitdagings het met beskikbare grond. Sy voeg by dat armoede ook tot die uitbreiding van plakkershutte lei.
Leave a Reply