Swapo-leierskapskongres – daar sal ander aanspraakmakers ook wees – kenner
Die plaaslike politieke wetenskaplike, Rui Tyitende, is van mening die adjunk-president, Netumbo Nandi-Ndaitwah, kan wen as sy aan die komende verkiesing deelneem. Sy standpunt volg nadat Swapo aangekondig het hulle moet vergader om ‘n voorkeur-presidentskandidaat en vise-president te kies ná die afsterwe van president Hage Geingob en voor die November-verkiesing. Tyitende voeg by dat daar natuurlik ander aanspraakmakers ook sal wees, onder meer Jerry Ekandjo.
Leave a Reply