Brockerhoff bly agter tralies, twee vas vir Etosha swartrenosters Nampol in die Oshikoto-streek sê ‘n saak van onwettige jag is teen twee mans van 44 en 31 gemaak. Die twee het na bewering twee swartrenosters in Etosha Nasionale Park gestroop. Die voorval het Sondag by die Kameeldoring-watergat in Etosha plaasgevind. Die twee verdagtes is van...
Tag: agter
NDP hoeveel? Namibië is daarmee ook agter
NDP hoeveel? Namibië is daarmee ook agter In 2004 het Namibië die tog begin om Visie 2030 te laat realiseer. Sedert onafhanklikheid in 1990 het Namibië verskeie nasionale ontwikkelingsplanne in werking gestel. Namibië het toe besluit om die ontwikkelingsplanne te gebruik om Visie 2030 te bereik. Ten spyte van die doelwit is die land ver...
Bankman-Fried kry 25 jaar agter tralies
Bankman-Fried kry 25 jaar agter tralies Die sogenaamde kripto-“wonderkind” en voormalige miljardêr Sam Bankman-Fried is tot 25 jaar tronkstraf gevonnis, na sy diefstal van 8 miljard Amerikaanse dollar van kliënte van sy nou bankrot FTX-kriptobeurs. Die Amerikaanse distriksregter Lewis Kaplan het die vonnis by ‘n hofsitting in Manhattan opgelê. Hy het Bankman-Fried se bewering dat...
Drie soldate bly agter tralies
Drie soldate bly agter tralies Die drie lede van die Namibiese weermag wat met eland-, koedoe- en blou wildebeest-vleis in die Mangetti Nasionale Park gevind is, is vandag borg in die Rundu-landdroshof geweier. Hulle is oor die naweek met die vleis, met ‘n geraamde waarde van amper 23 000 Namibiese dollar, gevang. Die drie, David...
Bolt-bestuurder agter tralies vir verkragting
Bolt-bestuurder agter tralies vir verkragting ‘n Bolt-bestuurder in Suid-Afrika wat vroue-passassiers verkrag het, is gevonnis. Die Johannesburgse Hooggeregshof het die 30-jarige aanlyn-taxi-bestuurder twee keer lewenslange tronkstraf opgelê, plus 60 jaar, vir verkragting en ontvoering. Emmanuel Mudau, het vroue geteiken wat ritte van Cosmo City af vroeg in 2022 aangevra het. Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder,...
Berugte renosterstroper agter tralies – Kosmos 94.1
Berugte renosterstroper agter tralies Die Nasionale Krugerwildtuin is verheug oor die vonnis van 17 jaar wat die Skukuza-streekhof opgelê het vir Mbongeni Ngobeni vir renosterstropery. Ngobeni, wat verhoor ontduik het ná borgtog in 2019, het tereggestaan op aanklagte van onder meer die jag van renosters, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en betreding van die park....
Napha staan bankvas agter Botswana
Napha staan bankvas agter Botswana Botswana staan aan die spits van ‘n veldtog om die goedkeuring van die Britse wetsontwerp op jagtrofeë te keer. Verlede jaar het Britse parlementslede vir die wetsontwerp gestem wat ‘n verbod op die invoer van jag-trofeë wil plaas. Axel Cramer, die president van die Namibië Professionele Jagvereniging, het aan Kosmos...
Manchester City nou net een punt agter Liverpool
Manchester City nou net een punt agter Liverpool Sokker: Erling Haaland van Manchester City se wendoel laat in die tweede helfte het uiteindelik Brentford se taai weerstand gebreek en ʼn sege van een-nul verseker. Met hierdie oorwinning het die heersende kampioene Arsenal verbygesteek en is nou net een punt agter Liverpool in die Engelse Premierliga....
Man kry 40 jaar agter tralies vir amper 9 000 dokumente na WikiLeaks
Man kry 40 jaar agter tralies vir amper 9 000 dokumente na WikiLeaks ‘n Gewese sagteware-ingenieur van die Amerikaanse geheimediens, Joshua Schulte, is 40 jaar tronkstraf opgelê omdat hy geklassifiseerde materiaal aan die fluitjieblasers WikiLeaks laat uitlek het. Amerika se departement van Justisie sê die 35-jarige het in 2017 sowat 8 761 dokumente laat uitlek....
Salah staan bankvas agter Egipte teen Kaap Verde
Salah staan bankvas agter Egipte teen Kaap Verde Sokker: Die beseerde kaptein van Egipte, Mo Salah, is vol vertroue in sy span se soeke na ʼn oorwinning in vandag se wedstryd in die Afrikabeker-toernooi teen Kaap Verde in die Ivoorkus. Hy sal die wedstryd misloop weens ʼn spierbesering wat hy verlede week opgedoen het in...