Mosiehof: N$31,1m deur banke opgeëis Regters Herman Oosthuizen en Collins Parker het vanoggend se mosiehof sessies in die hoofstad hanteer. Daar was ‘n totaal van 94 aansoeke om verstekvonnisse waarvan sewe op die reël 108-rol was. Kommersiële banke het 39 aansoeke gebring waarin hulle 22 eiendomme, met uitstaande skuld van 18,7 miljoen Namibiese dollar opeis....
Tag: Banke
Irak verbied US-dollar transaksies by 8 banke
Irak verbied US-dollar transaksies by 8 banke Irak het agt van sy handelsbanke verbied om betrokke te raak by Amerikaanse dollartransaksies, in ‘n stap teen bedrog, geldwassery en ander onwettige gebruike van die Amerikaanse geldeenheid. Die banke word verbied om toegang te verkry tot die Irakse sentrale bank se daaglikse dollarveiling, ‘n hoofbron van harde...
Oppas vir diewe buite banke!
Oppas vir diewe buite banke! Die Namibiese polisie in die Oshana-streek het die publiek gewaarsku om waaksaam te wees vir verdagte bewegings en mense by outomatiese tellermasjiene, of wanneer hulle uit ‘n handelsbank kom nadat hulle groot bedrae geld onttrek het. Dit kom na verskeie voorvalle van diefstal by tellermasjiene en buite banke aangemeld is....
Mosiehof: Banke bring 37 aansoeke die week
Mosiehof: Banke bring 37 aansoeke die week Daar was vanoggend ‘n totaal van 89 aansoeke om verstekvonnisse waarvan 12 op die reël 108 rol was. Banke het 37 van die aansoeke gebring met regters Claudia Claassen en George Coleman wat die mosiehof sessies hanteer het. Die banke eis 20 eiendomme met uitstaande skuld van 24,4...
BoN-baas sien niks fout met banke se winste nie
BoN-baas sien niks fout met banke se winste nie Die winste van kommersiële banke is onder die loep voor ‘n staande komitee van die nasionale vergadering. Volgens die goewerneur van die sentrale bank, Johannes !Gawaxab, is daar niks fout met winste by die banke nie – hy sê nie net is die banke eintlik besighede...
SARB glo sentrale banke kan rol speel in klimaataanpassing
SARB glo sentrale banke kan rol speel in klimaataanpassing Die president van die Reserwebank in die buurland, Lesetja Kganyago glo reserwebanke het ‘n kritieke rol om te speel in die beperking van en aanpassing by klimaatsverandering. Kganyago het ‘n lesing gelewer by die Nelson Mandela-universiteit in Gqeberha en gesê die regering se monetêre beleidsoptrede is ‘n sleutelinstrument in die land se groen oorgang. Hy beklemtoon die belangrikheid...
Banke eis eiendomme van N$16,2 miljoen terug
Banke eis eiendomme van N$16,2 miljoen terug Die rol vir die mosiehof vanoggend was redelik klein met ‘n totaal van 63 aansoeke om verstekvonnisse waarvan tien reël 108 aansoeke was. Kommersiële banke het 28 aansoeke gebring in die twee sessies wat deur regters Thomas Masuku en Orben Sibeya hanteer is. Die banke eis 11 eiendomme...
SA Reserwebank ondersoek banke se koste vir PayShap
SA Reserwebank ondersoek banke se koste vir PayShap Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het ‘n ondersoek van stapel gestuur en die Mededingingskommissie betrek om bankkoste te ondersoek wat aan die virtuele kitstransaksiestelsel, PayShap, gekoppel is. News24 berig TymeBank het mededingende banke daarvan beskuldig dat hulle klante verhinder om by PayShap aan te sluit deur transaksiekostes te hef....
Wetsontwerp wil keer dat banke mense se huise afvat
Wetsontwerp wil keer dat banke mense se huise afvat Justisie-minister Yvonne Dausab sê dit is die regering se doel om leners waar moontlik in hul huise te hou, om die terugneming van primêre wonings deur banke die laaste uitweg te maak. Sy het in die Nasionale Vergadering gesê dit is in ooreenstemming met die internasionale...
Mosiehof: Banke bring 44 uit 99 aansoeke vir verstekvonnisse
Mosiehof: Banke bring 44 uit 99 aansoeke vir verstekvonnisse Kommersiële banke het 44 aansoeke om verstekvonnisse, uit ‘n totaal van 99, vanoggend in die mosiehof gebring. Daar was ook 16 reël 108 aansoeke op die rol wat deur regters Collins Parker en Eileen Rakow hanteer is. Banke eis 18 eiendomme met uitstaande skuld van 26,6...