Beurtkrag bly onveranderd in buurland Eskom sê danksy die bestendige vertoning van sy opwekkingsvloot gaan beurtkrag steeds net van vieruur die middag tot vyfuur in die oggend ingestel word. Beurtkrag word dan van vyfuur die oggend tot vieruur die middag oor die naweek opgeskort. Die patroon gaan daagliks tot verdere kennisgewing herhaal word. Post navigation...
Tag: beurtkrag
Fase 2 beurtkrag duur voort
Fase 2 beurtkrag duur voort Eskom het aangekondig Fase 2-beurtkrag gaan vanaand voort. Fase 1-sal dan môre vanaf vyfuur die oggend tot vyfuur Sondagoggend ingestel word. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokoena, sê die veranderings sal Eskom toelaat om die opgaardamme verder aan te vul. Post navigation Source link
Regering, maatskappye gaan saamwerk om beurtkrag te stop
Regering, maatskappye gaan saamwerk om beurtkrag te stop Die regering en verskeie uitvoerende hoofde in Suid-Afrika het beloof om saam te werk om beurtkrag teen 2024 te beëindig. Dit is op die Johannesburgse mynbou-indaba onthul. Die tweedaagse geleentheid het verskeie rolspelers in die mynbedryf byeengebring om onder meer ontwikkelings in die mynbousektor en die kragkrisis...
Beurtkrag steeds opgeskort weeksdae tot 16:00
Beurtkrag steeds opgeskort weeksdae tot 16:00 Eskom het aangekondig beurtkrag sal steeds daagliks van vyfuur voormiddag tot vieruur namiddag in die buurland opgeskort wees, weens ‘n bestendige vraag na elektrisiteit en die nutsmaatskappy se opwekkingsprestasie. Die huidige beurtkragskedule sal voortduur tot verdere kennisgewing. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê hierdie bestendigheid is goeie nuus vir...
Eskom skort beurtkrag op na oorstromings
Eskom skort beurtkrag op na oorstromings Eskom het aangekondig dat weens die wydverspreide skade aan kraginfrastruktuur wat deur oorstromings in die Wes- en Oos-Kaapse kusgebiede veroorsaak is, beurtkrag in die gebiede onmiddellik opgeskort word. Dit is om te verseker dat tegniese spanne kragtoevoer veilig kan herstel. In alle ander gebiede sal fase drie-beurtkrag tot verdere...
Sonpanele uit China help met beurtkrag – Kosmos 94.1
Sonpanele uit China help met beurtkrag Volgens ‘n verslag van die energie-denkskool, Ember, het Suid-Afrika in die eerste helfte van die jaar ‘n aansienlike 3,4-gigawatt se sonpanele uit China ingevoer. Die ingevoerde panele het die vermoë om byna net soveel energie as een van Eskom se Duvha- of Matla-kragstasies, van 3,6-gigawatt elk, op te wek....
Ligter beurtkrag die naweek – Kosmos 94.1
Ligter beurtkrag die naweek Eskom het aangekondig dat beurtkrag oor die naweek tussen fases drie en vier sal wissel. Woordvoerder Daphne Mokoena sê dit is danksy die herstel van sommige opwekkingseenhede terwyl beplande instandhouding nog aan die gang is. Volgens haar sal fase vyf-beurtkrag tot môreoggend vyf-uur voortduur. Mokwena sê Eskom sal Suid-Afrikaners in kennis...
Ramokgopa sê beurtkrag kom na beplande instandhouding – Kosmos 94.1
Ramokgopa sê beurtkrag kom na beplande instandhouding Die buurland se minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê die instelling van fase ses-beurtkrag is genoodsaak deur opwekkingseenhede wat onklaar geraak het terwyl Eskom beplande instandhouding by sy kragstasies doen. Hy sê hulle is tans besig met beplande instandhouding weens die huidige lae vraag na elektrisiteit: Post navigation...
Bosa versigtig optimisties oor China wat beurtkrag wil takel – Kosmos 94.1
Bosa versigtig optimisties oor China wat beurtkrag wil takel Build One South Africa verwelkom die regering se gesamentlike ooreenkoms van verstandhouding met Chinese instellings om beurtkrag aan te pak. Die korttermyn ooreenkoms, gerugsteun deur China se bydrae van byna 700 miljoen Suid-Afrikaanse rand, het ten doel om elektrisiteitstoevoer na skole, hospitale, klinieke en polisiestasies te...
Beurtkrag in Gauteng belemmer beleggings – Kosmos 94.1
Beurtkrag in Gauteng belemmer beleggings Die DA in Gauteng sê nog meer moet gedoen word om kragvoorsiening te verbeter want die voortdurende beurtkrag het ‘n negatiewe uitwerking op die ekonomiese spilpunt van die provinsie. Patrick Atkinson sê die syfers van die onlangse kwartaallikse arbeidsmagpeiling is ‘n duidelike aanduiding die premier Panyaza Lesufi en sy amptenary...