Spanning tussen Somalië, Ethiopië neem toe Somalië se regering het opdrag gegee vir die uitsetting van Ethiopië se ambassadeur en die sluiting van twee konsulate. Addis Abeba word beskuldig van blatante inmenging in Somalië se interne sake. Somalië is vasgevang in ‘n hewige geskil met Ethiopië oor ‘n maritieme ooreenkoms wat Addis Abeba met die...
Tag: Ethiopië
Somalië en Ethiopië moet praat – Guterres
Somalië en Ethiopië moet praat – Guterres Antonio Guterres, sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, het Addis Abeba en Mogadishu aangemoedig om ‘n dialoog te begin om hul dispuut oor Ethiopië se maritieme ooreenkoms met die wegbreekstreek Somaliland by te lê. Spanning in die Horing van Afrika het toegeneem sedert Ethiopië, wat deur land omring is,...
Selfbeheersing asseblief: AU aan Somalië, Ethiopië
Selfbeheersing asseblief: AU aan Somalië, Ethiopië Die Komitee vir Veiligheid en Sekerheid van die Afrika-unie vra vir selfbeheersing te midde van die spanning tussen Somalië en Ethiopië oor ʼn ooreenkoms met Somaliland, oor toegang tot die Rooisee. Die raad het magte van buite aangeraai om te hou by die beginsel van nie-inmenging in die interne...
Somalië verwerp Ethiopië se ooreenkoms met Somaliland
Somalië verwerp Ethiopië se ooreenkoms met Somaliland Somalië verwerp ‘n ooreenkoms wat sy wegbreekstreek, Somaliland met Ethiopië onderteken het. Die ooreenkoms laat Ethiopië toe om ‘n groot hawe met toegang tot die Rooi See te gebruik in ruil vir erkenning as ‘n onafhanklike staat. Somalië, wat Somaliland as deel van sy grondgebied beskou, het ook...
Ethiopië eerste land wat Somaliland ‘erken’
Ethiopië eerste land wat Somaliland ‘erken’ Ethiopië het ‘n ooreenkoms met Somalië se wegbreekstreek, Somaliland, onderteken om sy Rooisee-hawe Berbera te gebruik. Die land maak tans staat op die buurland Djiboeti vir die grootste deel van sy maritieme handel. Die ooreenkoms lok groot reaksie uit omdat dit Ethiopië die eerste land maak wat Somaliland as ‘n...
AfDB onttrek personeel uit Ethiopië
AfDB onttrek personeel uit Ethiopië Die Afrika-ontwikkelingsbank het die onttrekking van sy internasionale personeel uit Ethiopië aangekondig ná die arrestasie en aanranding van twee werknemers deur die land se veiligheidsmagte in Oktober. Die bank veroordeel die gruwelike skending van diplomatieke immuniteit, regte en voorregte van sy Addis Abeba-gebaseerde personeel, wat onregmatig gearresteer en aangerand is....
Jhb-polisie sê slagoffers van mensehandel uit Ethiopië die land ingesmokkel
Jhb-polisie sê slagoffers van mensehandel uit Ethiopië die land ingesmokkel Die Johannesburgse metropolisie het die naweek 27 slagoffers van mensehandel gered wat in ‘n huis in Edenvale aangehou is. Die metropolisie se woordvoerder, Xolani Fihla, sê hulle het inligting ontvang oor onwettige immigrante wat onregmatig in Edenvale aangehou word. Hy sê, toe die beamptes op...
Lugaanval in Ethiopië dood 26 – Kosmos 94.1
Lugaanval in Ethiopië dood 26 Die Ethiopiese Menseregtekommissie het kommer uitgespreek oor voortslepende aanvalle op burgerlikes. Dit volg nadat minstens 26 mense dood is in ‘n lugaanval op ‘n besige dorpsplein in die land se Amhara-streek. Dit is die jongste voorval van geweld in die land se tweede grootste staat, waar guerillastryders en die weermag slaags raak....