Moenie kla oor hitte nie, Australië bak behoorlik Groot dele van Australië gaan weer vandag gebuk onder ‘n toenemende hittegolf, wat volgens die nasionale weervoorspeller die risiko van bosbrande in ‘n reeds hoë-risiko brandseisoen verhoog. Waarskuwings vir ekstreme hitte is vir die tweede dag in plek in die land met temperature in die hoë veertigs...
Tag: hitte
Kommer oor toenemende hitte in Namibië
Kommer oor toenemende hitte in Namibië Toenemende hitte wek kommer by kundiges in Namibië. Die klimaatverslag vir 2023 is vrygestel en gemeet oor die jaar, was Namibië 0,3 grade Celsius warmer as gedurende die 1991 tot 2020 siklus maar in November verlede jaar was die gemiddelde temperatuur 1,7 grade warmer, met die sentrale noordelike gebiede...
Studie toon rampspoedige invloed van hitte
Studie toon rampspoedige invloed van hitte ‘n Studie deur die Australian National University dui aan die rekord-hittevlakke wat in 2023 ondervind is, het ‘n aansienlike uitwerking gehad op die globale watersiklus. Dit het gelei tot erge storms, oorstromings, mega-droogtes en bosbrande. Die bevindinge, wat nog bevestig moet word deur mede-navorsers, word uiteengesit in ‘n nuwe...
Maak julle reg vir nog hitte
Maak julle reg vir nog hitte Die gemiddelde temperatuur in Desember in Namibië het op 24,8 grade Celsius gestaan. Dit is 0,6 grade Celsius bo die 1991-tot-2020 gemiddelde, volgens die Namibië Meteorologiese Diens se jongste Climate Watch-verslag. Die Karas-, Hardap- en Kunene-streke het drie weke van meer as 35 grade Celsius ervaar, terwyl die Khomas-,...
Plek-plek reën, erge hitte op pad
Plek-plek reën, erge hitte op pad Daar is reën op pad, maar nie oral in die land nie. Volgens die Namibië Meteorologiese Dienste word matige tot swaar reënval môre in die Zambezi-streek verwag, wat Sondag na die Ohangwena-, Oshikoto-oos- en Otjozondjupa-streke sal versprei, waar buie plek-plek sal val. Hittegolftoestande word egter oor die naweek tot...
Hitte affekteer Taylor Swift-konsert – Kosmos 94.1
Hitte affekteer Taylor Swift-konsert Die gewilde Amerikaanse sangeres Taylor Swift het haar vertoning gisteraand in Rio de Janeiro uitgestel weens versengende hitte, die dag ná die dood van ’n aanhanger wat in die snikhete Nilton Santos-stadion siek geword het. “Die besluit is geneem om vanaand se vertoning uit te stel weens die uiterste temperature in...
Die hitte hou net aan
Die hitte hou net aan Volgens die weervoorspelling vir môre sal koeler weer in die suide voortduur, met buie en donderbuie wat na verwagting in die noordooste sal uitsak. Die binneland sal gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees in die noordooste met enkele donderbuie. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm...
Toeriste reis minder na Mediterreense streek weens hitte – Kosmos 94.1
Toeriste reis minder na Mediterreense streek weens hitte Die temperature in die suide van Europa sal na verwagting vandag ‘n hoogtepunt bereik. Volgens die Europese Ruimte-agentskap kan die kwik op die Italiaanse eiland Sardinië tot 48 grade Celsius styg, en in Spanje, waar hittegolftoestande ook al dae voortduur, is 44 grade Maandag gemeet. Die buitengewone...