Rivier eis lewens tydens reinigingseremonie Johannesburg se nooddiens doen weer ʼn beroep op mense om nie in die reënseisoen rituele en seremonies in riviere uit te voer nie. Dit volg nadat twee vroue tydens ʼn reinigingseremonie in die Jukskeirivier in Johannesburg verdrink het. Die nooddiens se woordvoerder, Xolile Khumalo, sê die twee liggame is in...
Tag: lewens
KZN storms eis ten minste 40 lewens
KZN storms eis ten minste 40 lewens Die KwaZulu-Natalse samewerkende regering-departement sê die getal mense in die provinsie wat weens stormweer gesterf het, het tot 40 gestyg, terwyl minstens vyf steeds vermis word. Spanne gaan voort met reddings- en herwinnings-operasies terwyl slegte weer in verskeie dele van die provinsie voortduur. Die departement se woordvoerder, Nonala...
Swaar reën, donderstorms ‘bedreig lewens’
Swaar reën, donderstorms ‘bedreig lewens’ Die buurland se samewerkende regering-minister, Thembi Nkadimeng, maan gemeenskappe reg deur die land om versigtig en paraat te wees, te midde van swaar reën en donderstorms wat steeds sommige dele van die land bedreig en lewens in gevaar kan stel. Tien mense is in KwaZulu-Natal dood, 13 word vermis en...
Vragmotor-kapings bedreig bestuurders se lewens: Naretu
Vragmotor-kapings bedreig bestuurders se lewens: Naretu Die Namibië Rewolusionêre Vervoer-vakbond, of Naretu, vra dat vragmotor-vervoermaatskappye onmiddellik reddingsplanne in werking stel om hul bestuurders te beskerm. Dit volg op die nuus van toenemende vragmotor-kapings in Suid-Afrika, wat bestuurders se lewens in gevaar stel. Naretu se leier, Petersen Kambinda, sê hulle weet van ‘n hele aantal voorvalle...
Veldwagters in Virunga-park waag hul lewens elkedag om wild te beskerm
Veldwagters in Virunga-park waag hul lewens elkedag om wild te beskerm ‘n Twee-maande oue berggorilla, Ndakasi, is jare terug deur die Virunga Nasionale Park-veldwagters in die Kongolese wildernis gered. Haar ma se lewe is kortgeknip deur stropers, en sy is ontdek terwyl sy haar ma se lyk vasgehou het. Ndakasi was beroemd om op die agtergrond...
Gesonde manne, gesonde lewens, sê White Ribbon
Gesonde manne, gesonde lewens, sê White Ribbon Die White Ribbon-veldtog in Namibië sal môre samesprekings met mans in die hoofstad hou as deel van Internasionale Mansdag, onder die tema: Gesonde manne, gesonde lewens. Die geleentheid het ten doel om mans die geleentheid te bied om kontak te maak, ervarings te deel en ‘n sterk broederskap...
Gaan skenk bloed, dit red lewens!
Gaan skenk bloed, dit red lewens! Lede van die publiek word aangemoedig om môre te gaan bloed skenk by Binary City in die hoofstad se suidelike industriële gebied, aangesien bloed nodig is om lewens te red. Die Namibiese Bloedoortappingsdiens bied saam met die maatskappy die bloedskenk-geleentheid aan. Kosmos 94.1 Nuus het met Titus Shivute, woordvoerder...
Windhoek se Onder 13-Burgemeestersbeker wil lewens verbeter
Windhoek se Onder 13-Burgemeestersbeker wil lewens verbeter Die Onder 13-Burgemeestersbeker is ‘n jaarlikse sportgeleentheid wat deur die Stad Windhoek aangebied word, in samewerking met die Khomas-streek se skoolsportkantoor. Die sportbyeenkoms vind op 23 September by die Khomasdal Sportstadion plaas vanaf 07:30. Die geleentheid is deel van die stadsraad se jeugontwikkelingsinisiatief, wat daarop gemik is om...
Hongersnood eis 1 400 lewens in drie maande in Tigray – Kosmos 94.1
Hongersnood eis 1 400 lewens in drie maande in Tigray Minstens 1 400 mense is dood weens hongersnood in Ethiopië se noordelike Tigray-streek sedert voedselhulpverlening meer as drie maande gelede opgeskort is weens beweerde diefstal. Die Verenigde Nasies se Wêreld-voedselprogram en die Amerikaanse hulp-agentskap, USAid, het hulp aan sowat ses miljoen mense in die streek...