Nege gestremdes dood ná brand in ooste van Frankryk Nege mense is dood en twee word vermis nadat ‘n brand uitgebreek het in ‘n gebou in Wintzenheim in die ooste van Frankryk, naby die grens met Duitsland. Die gebou het ‘n groep mense met gestremdhede gehuisves. Sewentien mense is uit die gebou gered, waarvan een...
Tag: ná
Liggaam van drenkeling ná 22 dae in Oranjerivier gevind – Kosmos 94.1
Liggaam van drenkeling ná 22 dae in Oranjerivier gevind Die Namibiese polisie by Aussenkehr het die liggaam van die 40-jarige man gekry wat vermoedelik middel Julie in die Oranjerivier verdrink het. NamPol se koördineerder vir misdaadondersoeke in die Karas-streek, adjunk-kommissaris Nikodemus Mbango, het vandag bevestig dat die liggaam van Mikel Muyambo Shingereshu ná ‘n 22...
Bokke klop Pumas ná swak eerste helfte – Kosmos 94.1
Rugby: Bokke klop Pumas ná swak eerste helfte Rugby: Die Springbokke het na ‘n swak eerste helfte gisteraand herstel om hulle agtste agtereenvolgende oorwinning oor Argentinië in ‘n Wêreldbeker-opwarmingswedstryd in Buenos Aires te behaal. Hulle het teen rustyd ‘n agterstand van 10-3 gehad en verskeie kanse vir drieë deur hulle vingers laat glip, strafskoppe verbrou...
Pakistanse oudpremier en krieket-ster gearresteer ná vonnis – Kosmos 94.1
Pakistanse oudpremier en krieket-ster gearresteer ná vonnis Pakistan se voormalige premier en krieket-ster, Imran Khan, is by sy huis in Lahore in hegtenis geneem nadat hy tot drie jaar tronkstraf gevonnis is vir die onwettige verkoop van staatsgeskenke. Bilal Siddique Kamiana, polisiehoof van Lahore, het die arrestasie van Khan bevestig en sê dat die oudpremier...
Vyfjarige seuntjie sterf ná hy naald insluk – Kosmos 94.1
Vyfjarige seuntjie sterf ná hy naald insluk ‘n Vyf-jarige seun is Vrydagaand in die Onamundindi-nedersetting naby Ogongo in die Omusati-streek dood nadat hy ‘n naald ingesluk het. Volgens ‘n verslag van die Namibies polisie is die seun by die huis dood nadat hy begin hoes het en hy nie kon praat nie. In ‘n ander...
Proteas pak Uganda ná sege oor Tonga – Kosmos 94.1
Netbal: Proteas pak Uganda ná sege oor Tonga Netbal: Die Proteas se ster, Elmeré van der Berg, is as speler van die wedstryd aangewys na Suid-Afrika se oorwinning van 72-46 teen Tonga in hul Wêreldbeker-uitspeelwedstryd Vrydagaand in Kaapstad. Van der Berg het met 51 van haar 54 doelskote geslaag, wat ‘n sukseskoers van 94 persent...
NVG oorweeg regskeuses ná appèl-aansoek afgekeur is – Kosmos 94.1
NVG oorweeg regskeuses ná appèl-aansoek afgekeur is Die Nasionale Vervolgingsgesag in die buurland sê hy oorweeg sy regs-opsies nadat sy verlof tot appèl-aansoek in die Nulane-bedrog- en -korrupsiesaak van 24,9 miljoen Suid-Afrikaanse rand afgewys is. Die NVG se Ondersoek-direktoraat het misluk in sy poging om teen die vryskeldings-uitspraak te appelleer in die eerste staatskapingsverhoor wat...
Wes-Kaap versoek rampstatus ná vloedskade – Kosmos 94.1
Wes-Kaap versoek rampstatus ná vloedskade Die Wes-Kaapse LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, sê die provinsiale kabinet het besluit om by die Nasionale Rampbestuursentrum aansoek te doen vir rampstatus vir die provinsie. Dit is weens vloedskade van die onweer in Junie. Bredell sê volgens hulle beramings is onbefondsde skade van meer as...
Man sterf in Zambezi ná buffel-aanval – Kosmos 94.1
Man sterf in Zambezi ná buffel-aanval ‘n Man is dood nadat hy glo deur ‘n buffel by die Mbowe-nedersetting by Kabbe-Suid in die Zambezi-streek aangeval is. Kisco Sitali, die Namibiese polisie se woordvoerder van die streek, het die voorval vandag bevestig en die oorledene geïdentifiseer as die Zambiese burger Mubyana Mukwale. Hy het glo Woensdag...
Opruiming en herstelwerk begin ná Jozi-ontploffing – Kosmos 94.1
Opruiming en herstelwerk begin ná Jozi-ontploffing City Power in Johannesburg sê hy is op ‘n gereedheids-grondslag om met skadeberaming en herstelwerk te begin op die toneel van Woensdagmiddag se ontploffing in die middestad, sodra die toneel deur die Johannesburgse nooddienste veilig verklaar is. Inwoners en ondernemings rondom Breëstraat is sedert die ondergrondse gas-ontploffing sonder elektrisiteit...