Owerhede in Nigerië kry N$500m terug in bedrogspul Nigeriese ondersoekers het meer as 500 miljoen Namibiese dollar teruggekry in ‘n korrupsie-ondersoek waarby ‘n geskorste regeringsminister en ander amptenare betrokke was. President Bola Ahmed Tinubu het die minister van Humanitêre Sake en Armoedeverligting, Betta Edu, in Januarie geskors ná bewerings oor openbare fondse wat na privaat...
Tag: Nigerië
Nigerië rol wêreld se eerste entstof teen breinvliesontsteking uit
Nigerië rol wêreld se eerste entstof teen breinvliesontsteking uit Nigerië het ‘n entstof teen breinvliesontsteking bekendgestel, in wat die Wêreldgesondheidsorganisasie sê het ‘n wêreldeerste is. Die WGO sê die entstof hou die potensiaal in om die trajek van die siekte te verander, toekomstige uitbrekings te voorkom en baie lewens te red. Die plan is om...
Nog ‘n massa-ontvoering in Nigerië
Nog ‘n massa-ontvoering in Nigerië Onbekende gewapende mans het minstens 287 skoolkinders in die noordwestelike streek van Nigerië ontvoer. Volgens berigte het die mans op motorfietse ná die oggend se saalbyeenkoms deur die skool in Kuriga gery en leerders tussen agt en 15 jaar saam met ʼn onderwyser ontvoer. Bendes ontvoerders, bekend as struikrowers, het...
Nigerië beboet Binance met N$190 miljard
Nigerië beboet Binance met N$190 miljard Die Nigeriese regering eis meer as 190 miljard Namibiese dollar se vergoeding van die kripto-geldeenheid maatskappy, Binance. Hy sê Binance het buitelandse valutakoerse gemanipuleer deur geldeenheidspekulasie en koersvasstelling, wat veroorsaak het dat die naira die afgelope paar maande byna 70 persent van sy waarde verloor het. Kosmos 94.1 het...
Ses dood, honderde vermis met gebou wat in Nigerië ineenstort
Ses dood, honderde vermis met gebou wat in Nigerië ineenstort ’n Winkelsentrum in aanbou in Nigerië se suidoostelike Anambra-staat het laat Maandag ineengestort en minstens ses mense is dood, terwyl die nasionale noodbestuursagentskap vrees dat vele meer onder die puin vasgevang is. Die gebou met meer as 120 winkels het in die stad Onitsha ineengestort....
Brandstoftekorte in Nigerië met bestuurders wat staak
Brandstoftekorte in Nigerië met bestuurders wat staak Nigerië se brandstoftenkwa-bestuurders het ‘n staking begin oor stygende bedryfskoste weens die onlangse tweede devaluasie van die naira-geldeenheid binne ‘n jaar, en oor die toestand van die land se paaie. Die Nigeriese Vereniging van Padvervoereienaars, wat duisende vragmotoreienaars en bestuurders verteenwoordig, dring aan op hoër vragkoste van brandstofbemarkers...
Bafana en Nigerië gereed om hul wedywering te hervat
Bafana en Nigerië gereed om hul wedywering te hervat Sokker: Suid-Afrika sal hul kontinentale wedywering met die driemalige Afrika-kampioen, Nigerië, voortsit in vanaand se halfeindstryd van die Afrikabeker-toernooi in die Ivoorkus. Die Wes-Afrikane het al drie hul vorige wedstryde gewen en hulle is tans die hoogste span op die ranglys wat oor is in die...
Cyril wens Bafana Bafana voorspoed toe teen Nigerië
Cyril wens Bafana Bafana voorspoed toe teen Nigerië Sokker: President Cyril Ramaphosa is vol lof vir Bafana Bafana en hulle prestasie om die halfeindstryd van die Afrikabeker-toernooi te haal. Bafana het hulle plek bespreek deur die Kaap Verdiese Eilande met 2-1 op strafdoele te klop, na ‘n doellose gelykop uitslag. Dis hulle eerste verskyning in...
Nigerië looi juntas wat Ecowas verlaat
Nigerië looi juntas wat Ecowas verlaat Nigerië sê die “onverkose” militêre owerhede in Niger, Mali en Burkina Faso laat hul mense in die steek met hul gesamentlike besluit om Ecowas te verlaat. Nigerië, wat die huidige voorsitter van die politieke en ekonomiese blok is, het vir die eerste keer kommentaar gelewer op die drie junta-geleide...
Shell verkoop sy aanlandige aandeel in Nigerië
Shell verkoop sy aanlandige aandeel in Nigerië Shell het ingestem om sy Nigeriese olie- en gasfiliaal aanlandig in Nigerië te verkoop aan ‘n konsortium van vyf hoofsaaklik plaaslike maatskappye vir tot 2,4 miljard Namibiese dollar, ná byna ‘n eeu se bedrywighede in die land. Shell is sedert die 1930’s aktief in die Wes-Afrikaanse land en...